Your Recipe Blog

WORTEL FLENSJE (PLAATKOEKIES)

Recipe by
| Servings: 15 plaatkoekies

WORTEL FLENSJE (PLAATKOEKIES)

Ek was glad nie van plan om aan die kompetisie deel te neem nie. Nadat ek weer die koeksister resep gedeel het, het Rina Kleinhans gevra ek moet deelneem. Ek dink toe nee wat dis nie vir my nie. Gister verander ek toe van plan. Gebruik so bietjie vir tannie Google en kry toe die idee daar. Ekt die resepte wat ek raak gelees het so verander dat hulle ‘n hele nuwe resep vorm, sodat hulle eie ma hul nie eens naastenby sal herken nie. Het dit vandag gemaak. Hans Steyn, my Ma en ekself het dit baie geniet. Ek dink net ek’t effens te veel geëet daarvan.
  • Bolaag:
  • 500 ml versiersuiker
  • 30 ml ongegeurde V+volroom jogurt
  • 60 ml goue stroop
  • 2.5 ml vanilla geursel
Sif versiersuiker in ‘n mengbak. Voeg jogurt bietjie vir bietjie by en meng tot gladde mengsel.
Roer gouestroop en vanilla geursel by. Sit eenkant.
  • Plaatkoekies:
  • 500 ml koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 10 ml koeksoda
  • knippie sout
  • 125 ml sagte bruinsuiker
  • 10 ml kaneel
  • 2.5 ml gemengde speserye
  • 500 ml volroom melk
  • 2 groot eiers
  • 60 ml gesmelte bakmargarien
  • 7.5 ml vanilla geursel
  • 250 ml fyn gerasperde wortel, vasgedruk in koppie
  • 250 ml fyn klapper
  • Ekstra:
  • geroosterde klapper vir versiering

Meng droë bestanddele saam in ‘n mengbak.
Neem ‘n aparte mengbak en klop eiers, melk, geursel en gesmelte botter daarin tot goed gemeng en meng wortels daarby in.
Voeg die mengsel by die droë bestanddele en meng goed.
Verhit bietjie olie in ‘n 11.5 cm pannetjie op die plaat en skep 80 ml (‘n kwart koppie) van die beslag in jou pannetjie.
Bak paar minute tot die deeg bo op borrels maak en draai om. Bak aan die ander kant tot gaar. Herhaal tot al die deeg op gebruik is.
Sit een plaatkoekies op elke bord en smeer so’ n eetlepel van die bolaag mengsel oor. Herhaal tot daar 3-4 per bord is, of soos verkies. Skep die res van die bolaagmengsel bo oor en versier met geroosterde klapper.

Resep en foto:  Elaine Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page