WORTEL- EN PIESANGKOEK
“Beste resep wat daar is; bak dit gereeld; dis ‘n wortel- piesangkoek. Ek het die resep by ‘n vriendin, Maretha Niemand Prins, gekry.”
- 8 eiers
- 3 koppies suiker
- 2 koppies kookolie
- 4 koppies koekmeel
- 250 ml pekanneute, grof gekap
- 20 ml bakpoeier
- 10 ml koeksoda
- 10 ml neutmuskaat
- 10 ml fyn kaneel
- 650 g wortels, gerasper
- 5 piesangs, fyn gemaak
- Versiersel:
- 90 g kunsbotter
- 450 g versiersuiker
- 250 g roomkaas
- 2 ml vanilla geursel
- ekstra heel pekanneute
Klits die eiers met die drie koppies suiker totdat dit dik en romerig is. Klits die kookolie by en klits nog vir ‘n verdere drie minute. In ‘n ander bak, sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, neutmuskaat en kaneel saam. Meng die gekapte pekanneute by. Rasper die wortel in ‘n ander bak en meng die fyn piesangs by. Voeg die meelmengesel om die beurt by die eiermengsel, tesame met die wortelmengsel. Skep in twee voorbereide 20 cm panne.
Bak vir 75 minute in voorafverhitte oond by 160 °C.
Versiersel:
Verroom die kunsbotter en voeg die versiersuiker bietjie vir bietjie by tot die mengsel romerig is. Meng die res van die versierselbestanddele (nie die heel neute nie) by, meng goed saam en versier. Strooi die heel pekanneute bo-oor.
Nota – Liezel Willers:
Die kolwyntjies is maar ‘n kyk-tot-hy-reg-is proses; dis mos maar ‘n swaarder beslag as gewone koekdeeg; so ek sit hom so 20 minute in vir kolwyntjies en ek kyk hoe dit lyk. Die grootte pan soos op die foto met kolwyntjies by, was ‘n 20 cm deursnee panne gebruik. Daar was toe genoeg deeg vir twee van daardie koeke en hoeveelheid kolwynjies. Dit rys perfek tot bo elke keer. Dit hang van persoon tot persoon af oor die grootte pan wat hulle wil gebruik; jy kan die 25 cm een ook gebruik – jou koeke gaan dan natuurlik groter wees, maar net bietjie platter.
Resep: Maretha Niemand Prins
Plasing en fotos: Liezel Willers