Your Recipe Blog

WORTEL- EN PASTAGEBAK

Recipe by
Cook: 30 minute

WORTEL EN PASTAGEBAK 

Hier is vroulief se eie wortel en pasta resep en glo my dit was djeeeerlik.

  • 3 koppies melk
  • ½ koppie koekmeel
  • ½ koppie botter
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 teelepel Italiaanse kruie
  • 1 teelepel knoffelvlokkies
  • ¼ teelepel witpeper
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • 200 g spekstukkies, gebraai
  • 1 gekerfde ui, gebraai
  • 100 g macaroni, gekook
  • 2 groot wortels, geskil en gerasper
  • 3 eetlepels krummels of na smaak
  • 1 koppie room (indien nodig)

Maak witsous met die melk, meel en botter.
Voeg die sout, rissievlokkies, Italiaanse kruie, knoffelvlokkies, witpeper en kaas by.
Indien die witsous baie dik is, voeg ‘n koppie room by.
Voeg die spek, gebraaide uie en gerasperde wortels by die witsous.
Skep die gaar macaroni onderin ‘n gesmeerde oondvaste skottel.
Skep dan die witsousmengsel bo-op.
Strooi krummels bo oor.
Bak vir 30 minute in ‘n voorverhitte oond by 180° C.
Laat afkoel vir 10 minute en dien op.

Nota:
Dit was heerlik saam met ‘n halwe avokadopeer.

Resep  en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page