Your Recipe Blog

WORTEL- EN KAAS MUFFINS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 - 20 minute | Servings: 24 muffins

WORTEL- EN KAAS MUFFINS

  • 500 ml bruin broodmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 100 g kaas, fyn gerasper
  • 2.5 ml sout
  • 2 groot wortels, geskil en fyn gerasper
  • 1 klein ui, fyn gesny
  • vars “chives” na smaak fyn gesny en opsioneel
  • 3 ekstra groot eiers (4 indien klein)
  • 150 ml olyfolie
  • 125 ml melk

Meng meel, bakpoeier, kaas en sout in ‘n mengbak.
Klits eiers, olie en melk saam in ‘n aparte houer.
In ‘n aparte bak, meng die res van die bestanddele saam.
Meng die nat en droë bestanddele alles saam. Indien die deeg te styf is, voeg nog bietjie melk by.
Skep deeg in muffin pannetjie en bak tot gaar by 180 °C.

Nota:
Ek het dit sommer in my elektriese “muffin maker” gebak.
Het dit bedien saam Tropiese Wortel konfyt en kaas
Indien jy dalk ‘n broodjie daarvan wil maak gebruik ‘n 20 cm broodpannetjie. Strooi bietjie kaas bo-oor voor in die oond plaas. Bak vir 50 min, laat afkoel vir 10 min en keer dan om op draadrakkie om verder af te koel.
Heerlik saam braaivleis.

Resep en foto: Hettie Stoltz

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page