Your Recipe Blog

WORTEL- EN APPELTERT PANNEKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 5 pannekoekies

WORTEL- EN APPELTERT PANNEKOEKIES

Hierdie pannekoekies is regtig heerlik, ek het die basiese deeg aangepas dat dit ‘n heerlike soeterige pannekoekies is, en dit gevul met appeltert vulsel. Bedien met vla of room na smaak. Kan ook net met kaneelsuiker bedien word, dit is so naby aan werklike pannekoek, die kinders sal nie eers weet hulle eet wortels nie.
Die beslag maak 5 pannekoekies van 18 cm, pas maar aan na gelang van die hoeveelheid wat jy wil bak.

  • ½ koppie koekmeel
  • 187 ml melk
  • 50 g fyn gerasperde wortels
  • 50 g fyn gerasperde appel
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel fyn kaneel
  • klein stukkie vars gemmer na smaak
  • Kossproei of olyfolie om die pan meet te smeer

Plaas die bestanddele in ‘n voedselverwerker of gebruik ‘n “stick blender” en meng goed tot alles fyn is en ‘n pannekoekdeeg vorm.
Gebruik ‘n “non stick” 18cm pan of pan van jou keuse, spuit met kossproei of smeer liggies met olyf olie en maak die pan warm, maar nie te warm. Skep ongeveer 60 ml van die beslag in die pan, versprei mooi dat die hele pan se bodem bedek is, en bak soos pannekoek. Keer om sodra die pannekoek amper heeltemal gestol het aan die bo kant. Pasop vir te hoë hitte, die pannekoek verkleur baie vinnig donker. Ek het op redelike lae hitte gebak om ‘n mooi ligte pannekoek te kry.
Keer uit op ‘n bord, en herhaal met die res van die deeg.

  • Vulsel: genoeg vir 3 – 5 pannekoekies, pas maar aan.
  • 1 appel geskil en in blokkies gesny
  • ½ koppie rosyne
  • bietjie water
  • halwe kaneelstokkie
  • ongeveer 50 ml bruinsuiker of na smaak
  • 1 teelepel suurlemoensap

Plaas die appelblokkies en rosyne in ‘n klein potjie saam met net genoeg water om die vrugte te bedek. Voeg die kaneelstokkie, by en kook vir ‘n paar minute, voeg die suiker en suurlemoensap by en kook totdat die sous begin verdik. Verwyder die kaneelstokkies en laat heeltemal afkoel.
Vul die pannekoekies met die appelvulsel, rol op en sny middeldeur. Plaas op ‘n bordjie en skep bietjie van die stroop in die potjie oor die pannekoek. Bedien met vla of room.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page