Your Recipe Blog

WORTEL “DELIGHT”

Cook: 40 min

WORTEL “DELIGHT”

  • 500 g wortels, opgesny (water vir kook)
  • ¼ koppie Maizena
  • ½ koppie suiker
  • knippie sout
  • 1 teelepel vars gemmer, fyngesny
  • 1 koppie water
  • 2 eetlepels botter
  • fyn klapper
  • gesmelte sjokolade
  • kruisement blare

Kook wortels, gemmer en knippie sout in ‘n pot tot wortels sag is.
Skep uit in ‘n bak en maak fyn met “stick blender” of in voedeselverwerker.
Gebruik ‘n dikboom yserpot.
Vryf die wortels deur ‘n sif in die pot in. (dit maak die tekstuur net lekker glad)
Laat  die wortels afkoel.
Voeg die suiker en Maizena by en meng goed dat daar geen klonte is nie.
Voeg die water by.
Nou is dit die geduld hê stadium.
Kook op lae hitte tot begin dik raak. Voeg die botter by.
Kook omtrent vir nog 40 min oor lae hitte.
Skep uit in ‘n vierkantige bak en maak gelyk.

Nota:
Ek het “gladwrap” onder in bak gesit. Maak makliker vir uithaal.
Plaas in yskas vir so uur en half tot gestol.
Keer uit op ‘n oppervlak waar jy kan sny.
Sny in blokkies.
Rol elke blokkie in fyn klapper en pak in ‘n lugdigte houer.
Nota:
Ek het sjokolade gesmelt en ‘n streep onder in bord getrek en ook so bietjie oor die blokkies gesit.
Pak 2 blokkies op die gemeerde sjokolade in die bord en versier met kruisementblaar.
Dit is nogals heel lekker en lyk mooi.

Resep en foto: Marian van Deventer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page