Your Recipe Blog

WORTEL BLATJANG

Recipe by
Cook: 15 - 20 minute

WORTEL BLATJANG

  • 1 groot blik tamatiepasta
  • 4 koppies asyn
  • 5 koppies suiker
  • ½ koppies kookolie
  • 3 eetlepels kerriepoeier
  • 1 eetlepel sout
  • 2 teelepels aromat
  • 1 teelepel mosterdpoeier
  • 6 eetlepels mielieblom (Maizena)
  • 4 koppies gerasperde wortels
  • 4 groot uie, gerasper
  • 1 groen soetrissie, gekap

Kook die gerasperde wortels in net genoeg water tot sag maar nie pap.
Braai uie en groen soetrissie in bietjie olie tot sag.
Voeg die wortels en die res van die bestanddele behalwe maizena by en bring tot kookpunt.
Kook 15 – 20 min.
Voeg die Maizena gemeng met klein bietjie water, om klonte te voorkom by, en kook goed deur.
Bottel warm in voorbereide bottels en deksels.  Seël dadelik.

Foto en resep: Debbie Naude

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page