WORTEL BLATJANG MET GEMMER
- 6 koppies gerasperde wortels
- 5 ml sout
- 5 ml gemaalde kardamom
- 1 knoffelhuisie gekneus
- 30 ml vars gerasperde gemmer
- 500 ml bruin druiwe asyn
- 750 ml wit suiker
- 45 ml maizena
Kook alles behalwe maizena saam vir 10 min.
Meng maizena met bietjie water en roer by wortels in, kook nog 5 minute, roer af en toe.
Skep in gesteriliseerde bottels en seël goed.
Resep geplaas deur Christine Louw
Foto: Christine Louw