Your Recipe Blog

WORS JUWEELTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1-2 Ure

WORS JUWEELTJIES

  • 500 g rou boerewors
  • 1 blik (410 g) appelkose
  • 1 ui
  • 1 groen of rooi soetrissie of bietjie van altwee
  • 1 koppie rou rys
  • 2 eetlepels olie
  • 2 teelepels kerriepoeier (mild)
  • ½ teelepel borrie
  • 2 koppies kookwater
  • 2 eetlepels blatjang
  • ½ teelepel sout
  • peper na smaak

Sny boerwors in stukkies en plaas in oondpan. Skep rou rys bo oor wors.

Braai ui, groen soetrissie in olie. Skuif eenkant in die pan.
Meng kerriepoeier en borrie in pan en roer die ui en groen ssoetrissie daarin.
Giet kookwater oor. Voeg die blatjang, sout en peper by. Kook vir 2 minute.
Skep die sous bo oor die rou wors en rys.

Skep die appelkose met die sous (ek het geblikte pynappel gebruik) oor die gereg.
Bedek met ‘n deksel of foelie.
Bak teen 180°C vir 1 tot 2 ure, tot die rys en wors en alles gaar is en die sous lekker geabsorbeer is. (Afhangende van oond)

Geniet!

Resep en foto: Marthinett Van Den Heever

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page