Your Recipe Blog

WORS- EN SAMPIOENBURGER

WORS- EN SAMPIOENBURGER

Ek het gistraand vir ons hierdie lekker bygereg gemaak saam met kerrie vark loin tjops en dit was baaaaie lekker. Hoeveelheid van bestanddele, is afhangende van hoeveel mense bedien word.

  • groot bruin sampioene, stingels verwyder (2 per persoon)
  • knoffelbotter
  • olyfolie
  • braaiwors van jou keuse
  • sout na smaak

Vir elke een porsie neem jy twee groot bruin sampioene waarvan die stam in die binnekant korter gesny is en wat in die holtes ruim gesmeer is met knoffelbotter en ‘n bietjie sout.
Verf die buitekante van die sampioene met ‘n klein bietjie olyfolie.
Meet ‘n stukkie rou wors van jou keuse, omtrent 150 mm lank, sodat dit in die holte van die sampioen pas en plaas die ander sampioen bo op die wors.
Dit lyk soos ‘n sampioenburger met wors tussen die twee sampioene.
Braai dit stadig in ‘n toeklaprooster sonder om hard toe te druk, sodat die worsie lekker gaar en sappig is.
Die sous van die wors bedruip die sampioen van binne en is djeeeerlik. Hmmmmmm

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page