WORS EN RYS GEREG
Baie lekker, goedkoop en maklike aandete!
- 1 koppie rou rys
- 500 g boerewors, in stukkies gesny
- ½ pakkie gesnipperde spek
- 1 pakkie bruin-uie soppoeier
- 3 koppies water
- 1 koppie kaas, gerasper of meer na smaak
Plaas die rys in ‘n oondvaste bak. Pak die stukkies wors bo op die rys en strooi die spek stukkies oor.
Maak die soppoeier aan met die water en giet oor die rys, wors en spek.
Bedek met foelie en bak vir 1 uur by 180°C tot die rys sag is. Haal die foelie af en sprinkel kaas oor.
Plaas onder die rooster tot die kaas gesmelt is.
Bedien met ‘n slaatjie.
Nota:
Marcell Steyn – Ek maak myne in die stoom pot. Gooi klein blokkies aartapel ook in. Flippen vinger lek lekker!
Foto en resep: Angelica Horne