WORS, BOONTJIES EN PASTA SOP
Dis weer van voor af winter in die Kaap en gisteraand het gevra vir ‘n lekker sop.
- 2 eetlepels olie
- 500 g varkwors met die omhulsels verwyder (of wors van jou keuse)
- 100 g ontbytspek (bacon) stukkies
- 1 ½ koppies gekapte uie
- 1 koppie wortels, in stukkies gesny
- 1 eetlepel fyngemaakte knoffel
- 1 teelepel gedroogde basiliekruid
- 1 teelepel gedroogde roosmaryn
- ¼ teelepel rissievlokkies of ‘n teelepel cayenpeper (na smaak)
- 5 koppies hoenderaftreksel
- 5 tamaties fyngekap in die voedselverwerker
- 1 blik Four bean mix, boontjies (400 g)
- 1 koppie pasta skulpies
- sout en peper na smaak
Verhit die olie in ‘n groot kastrol en verbruin die wors daarin vir ongeveer 5 minute. Breek dit met die lepel op in growwe stukke. Voeg die uie, spek, wortels, knoffel, kruie en rissievlokkies by en soteer vir ongeveer 10 minute.
Voeg die aftreksel, die tamaties met hul sap en die boontjies by, bring tot kookpunt en prut vir ongeveer 20 minute met die deksel op tot die groente sag is. Voeg die pasta by en prut verder vir ongeveer 15 minute tot die pasta sag is.
Geur met sout en peper.
Strooi ‘n bietjie gerasperde kaas oor wanneer jy opdien.
Parmasankaas is ‘n goeie opsie, maar gewone Cheddar is ook goed.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete