WONDERPOEDING
- 3 koppies koekmeel
- 1/2 koppie botter
- 1/2 koppie suiker
- 1 koppie appelkooskonfyt
- 1/2 koppie melk
- 1 teelepel fyn kaneel
- 1 teelepel fyn gemmer
- 1/4 teelepel fyn naeltjies
- 2 teelepels koeksoda
- 1 eetlepel wit asyn
- Knippie sout
Vryf botter in die koekmeel in.
Meng speserye, konfyt en suiker by.
Maak koeksoda aan met melk, voeg by die mengsel. Voeg laaste asyn by en meng goed deur.
- Stroop
- 4 koppies watetr
- 2 koppies suiker
- 1 teelepel geursel
Kook stroop en skep lepels vol deeg in kokende stroop.
Draai plaat stadig en kook vir +- 1 uur
Bedien met vla of vars room
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk
Foto’s: Alta Gunter Van Dyk