WOLKIEBROOD
Lekkerste maklikste wolkie brood.
- 3 eiers geskei, wit styf geklits met knippie cream of tartare
- 3 eetlepels jogurt by geel geklits
Vou die wit by die geelmengsel in, maar moenie teveel meng nie.
Skep lepelsvol op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgelê is en met nie-kleefwerende kossproei gespuit is.
Bak by 150 ºC vir 20 min.
Nota:
Die deeg is nie baie styf nie maar nie loperig nie, mens moet die invou van eierwitte nie oordoen nie.
Dis rerig lekker en so lig dit smelt sommer in mens se mond.
Eet dit saam met lekker hoenderkerrie of enige gereg van jou keuse.
Resep en foto: Lindie Barnard Pretorius