WITWYN GESTOOMDE MOSSELS
- 360 ml droë witwyn
- 800 g skulp mossels
- 30 ml olyfolie
- 1 seldery stingel, fyn opgesny
- 1 rissie, fyn opgesny
- 2 knoffeltoontjies, gepars
- 3 cm vars gemmer, geskil en fyn opgesny
- 5 ml masala
- 240 ml hoenderaftreksel
- 100 g botter
- 30 ml suurlemoensap (sap van 1 suurlemoen)
- sout en gemaalde peper
- gekapte pietersielie
Verhit 240 ml witwyn in ‘n diep kastrol en voeg die mossels by. Bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte, sit ‘n deksel op en laat stoom vir 10 minute totdat die mossels almal oopgegaan het en helder van kleur is.
Raak ontslae van die wat nie oopgemaak het nie.
Dreineer die mossels, plaas in ‘n opdien bak en hou eenkant.
Verhit die olie en botter in ‘n pan, voeg die seldery, rissie, knoffel en gemmer by.
Roerbraai vir so 2 minute en voeg dan die masala by.
Roerbraai tot geurig en voeg dan die oorblywende wyn by, bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte, laat prut vir 10 minute en voeg die aftreksel by.
Laat prut tot die aftreksel verhit het, geur met sout, peper en suurlemoensap.
Skep die sous oor die mossels en strooi gesnipperde pietersielie oor.
Resep en foto: Johnny Rossouw