Your Recipe Blog

WITSOUS MET MAIZENA EN KOEKMEEL

WITSOUS MET MAIZENA EN KOEKMEEL

My Ouma het my hierdie metode gewys toe ek nog baie klein was. Dit is vir my net ‘n maklike manier, so probeer dit gerus.

  • 1 liter melk
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 2 eetlepels Maizena
  • ½ teelepel sout
  • 250 ml kaas, gerasper

Plaas die melk, meel, Maizena en sout alles saam in ‘n kastrol.
Verhit oor medium hitte terwyl jy heeltyd roer met ‘n balklitser.
Die geheim is om net die hele tyd te roer.
Wanneer dit begin verdik, kan jy besluit of jy dit dikker of dunner wil hê.
Indien dunner, voeg net melk by.
Indien dikker, voeg net nog meel en Maizena by.
Indien jy lekker romerige sous wil hê, vervang jy net die helfte van die melk met room.
Nou is die tyd om die kaas by te roer.

Kaassous… fiola!!

Resep en foto: Dalene Venner

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page