Your Recipe Blog

WITKOEK MET SWITSERSE BOTTERROOM VERSIERSEL

WITKOEK MET SWITSERSE BOTTERROOM VERSIERSEL

  • 220 g botter
  • 110 g margarien
  • 3 koppies suiker
  • 5 eiers teen kamertemperatuur
  • 3 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ¼ teelepel sout
  • ½ koppie melk
  • ½ koppie karringmelk
  • 2 teelepels vanilla geursel

Meng botter en margarien tot lig en donsig.
Voeg eiers een een by.
Sif droë bestanddele saam.
Meng melk, vanilla en karringmelk saam.
Meng nou al drie mengsels bietjie, bietjie saam, begin met meel en eindig met meel.
Moet nie oor meng nie.
Bak in 3 x 23 cm gesmeerde panne vir 25-30 min.
Hierdie koek is versier met Switserse botterroom versiersel.

  • SWITSERSE BOTTERROOM VERSIERSEL
  • 5 eierwitte
  • 300 g suiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 500 g botter
  • 4 koppie versiersuiker

Meng eierwit en suiker saam oor warm water tot suiker gesmelt is
Klits nou met ballonklitser tot styf.
Met platklitser aan gooi nou vanielje by en begin om botter stukkie vir stukkie by te meng.
Die mengsel kyk nou pap en stroperig.
Voeg nou versiersuiker by en meng.
Plaas in yskas vir so 1 uur.
Smeer krummellaag op koek en tussen lae.
Druk sosatie stokkie in middel en plaas koek in yskas vir rukkie (die versiersel word nou harder maar nog steeds werkbaar).
Jy kan nou die res kleur of netso hou.
Versier nou koek soos jy verkies, Ek het net mooi toegesmeer en bietjie versiering bo-op geplaas Hierdie versiermengsel is bietjie stewiger as gewone botter versiersel en kan jy dus mooi patrone uitdruk sonder dat dit sommer smelt soos gewone sagte versiersel.

Resep geplaas deur Hendrika Barkhuizen Kruger
Foto: Hendrika Barkhuizen Kruger

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5