WITBESKUIT MET VARIASIE
Resep en foto: Sonja Theron
Maak 2 oondpanne
- 1.5 kg koekmeel
- 100 ml bakpoeier (dit is reg)
- 500 g suiker
- 5 ml sout
- 700 g Rama original
- 1 liter volroom melk (kan helfte karringmelk gebruik)
- Smelt die magarine in die mikrogolf en voeg die melk by.
- Sif droë bestanddele saam .
- Voeg melkmengsel by die droëmengsel.
- Meng goed deur.
- Skep in die voorbereide panne.
- Bak 180°C vir 40 tot 50 minute.
- Haal uit die panne en laat afkoel, sny in beskuite soos verkies en droog uit.
- Variasie:
- Jy kan die helfte witbeskuit maak in die een pan en die ander oondpan kan jy so 150 g tot 200 g muesli of granola byvoeg vir ‘n growwe beskuit.
Category:

