WIT SJOKOLADE EN SOUT KARAMEL KAASKOEK
Maak hierdie kaaskoek tot 2 dae voor die tyd en bêre in yskas om goed te stol. Sit voor teen kamertemperatuur.
- Kors:
- 10 mini caramel rolkoekies; elkeen opgesny in 5 dele
- Vulsel:
- 300 g wit sjokolade; breek dit fyner
- 250 ml room
- 3 x 230 g geroomde maaskaas
- 5 ml vanilla geursel
- 60 ml suurlemoensap (verkieslik vars)
- 5 ml gelatien, gespons op 60ml water
- Bolaag:
- 1 blikkie Karamel kondensmelk
- 250 ml room; styf geklits
- 3 ml growwe seesout
- 15 ml gelatien, gespons op 60 ml water
- “Caramelized popcorn” / neute
Smeer 24 cm losboom koekpan liggies met botter, voer uit met kleefplastiek. Spuit dan die kleefplastiek liggies met kleefwerende kossproei.
Druk koekies stewig teen rand en bodem. (almal pas presies in ‘n 24 cm pan). Hou eenkant.
Smelt sjokolade en room oor lae hitte. Laat effens afkoel en voeg die maaskaas, geursel en suurlemoensap by, meng deur. Sit gesponsde gelatien ‘n paar sekondes in mikrogolf en roer by. Skep in kors en sit in yskas tot gestol (+- 5ure) VOORDAT jy die bolaag maak.
Bolaag:
Vou karamel by room en sout in, meng tot glad. Sit gesponsde gelatien ‘n paar sekondes in mikrogolf en roer by. Skep oor gestolde vulsel. Stol verder oornag.
Voor opdiening sprinkel gekapte sout neute en/of “caramelized popcorn” oor .
Nota
Dis nogal ‘n duur tert agv die kors.
Indien jy die kors verander kan die tert aansienlik goedkoper uitwerk.
Resep: Maria Liebenberg
Foto: Rene VannerMewe