Your Recipe Blog

WIT MELKSJOKOLADEVERSIERSEL

WIT MELKSJOKOLADEVERSIERSEL

  • 80 g botter
  • 180 g versiersuiker
  • 1-2 eetlepels melk
  • 150 g plak wit sjokolade (Milkybar)

Klits die botter tot sag en romerig.
Meng die versiersuiker een eetlepel per keer by in die botter.
Kook water in ‘n pot en plaas ‘n bakkie bo-oor die pot. Breek die sjokolade in stukkies en sit in die bakkie.  Smelt nou die sjokolade in die boonste bakkie tot loperig.  Moenie dat jou bakkie aan die water raak nie.
Haal die sjokolade van die stoof af en laat afkoel tot kamertemperatuur.
Voeg die afgekoelde melksjokolade by die versiersuikermengsel en klits weer goed deur.
Heerlik lekker en romerig. Maklik om te smeer.

Resep en foto:  Manda Nel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5