Your Recipe Blog

WINNIE SE WORSROLLETJIES

Cook: 15 - 20 minute

WINNIE SE WORSROLLETJIES

My jongste word môre 7, en toe besluit ons om ‘n outydse koek en tee vir hom te hou, soos toe ek klein was. Ek het toe ook die briljante (!!) idee gekry om vleispasteie (sausage rolls) van scratch af te maak, insluitende die deeg. Laat ek net sê dat ek bitterlik baie respek gekry het vir almal wat die pasteie vir tuisnywerhede, basaars etc. bak, dit is loshande die resep wat die langste gevat het van begin tot einde!!! Maar die eind resultaat was beslis die moeite werd, en almal hier stem saam.

  • Deeg:
  • 450 ml koekmeel
  • 2.5 ml sout
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 250 g botter of margarien, koud
  • 90 ml sodawater, yskoud
  • 7.5 ml brandewyn/whiskey
  • 5 ml asyn
  • Vulsel:
  • 500 g varkworsies
  • 500 g beesworsies
  • 1 ui, fyn gekap
  • 2 eiers
  • 1 eetlepel Worcestershire sous
  • sout en peper na smaak
  • Glaseersel:
  • 25 ml melk
  • 1 eier

Meng die meel, sout en bakpoeier saam.
Rasper die botter bo-oor en sny in met ‘n mes totdat die mengsel soos growwe broodkrummels lyk.
Meng die sodawater, brandewyn en asyn saam, en voeg by.
Sny in met ‘n mes.
Die mengsel lyk of die hopeloos te droog is, maar dis reg so.
Plaas in yskas vir 30 minute.

Maak nou die vulsel:
Trek die omhulsels  van die worsies af.
Voeg al die bestanddele bymekaar en meng goed (met jou hande is die beste).
Verdeel die deeg in 4.
Strooi meel op ‘n plat oppervlak.
Neem deeg en druk dit in die vorm van ‘n lang wors saam.
Sprinkel meel bo-oor en rol in ‘n reghoek uit (druk met jou hande ook, die deeg kraak baie maar bly bymekaar).
Verdeel die reghoek in die middel in die lengte af om twee reghoeke vorm.
Maak die deeg versigtig los vanaf die werksoppervlak met ‘n lang mes.
Sit vulsel langs die naat af, en rol versigtig om sodat die naat onder is.
Sny in pasteie van die grootte wat jy wil he.
Klits melk en eier saam, smeer bo-oor pasteie en bak 15 – 20 minute by 180ºC tot goudbruin, en die vulsel gaar is.
Herhaal met die res van die deeg en vulsel.
Nota:
Pasteie wat nie dadelik gebak word nie, kan gevries word.
Bedien met tamatiesous of blatjang.

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs
Nota en foto 2: Elsabie Templeton:
“Lockdown day#545🇿🇦 Soda water pastry for perfect beef sausage rolls *used the recipe below BUT did not add baking powder to the flour. Haven’t made it in ages. So flaky 😋. I tried a method I haven’t used before. I did not cook the mince before making the sausage rolls.
“For the mince mix I used about 500 g lean beef mince, a finely chopped onion sautéed in a bit of oil till translucent; then added to the raw mince, salt and pepper and I had about a cup of mash left over from previous night – and added that.
Two tablespoons worcestershire sauce and one tablespoon white vinegar. I mixed it well by hand then shape a log and put onto rolled out dough that is rectangular in shape. I flattened it to the height of a patty so that it can bake through easily. I wet the edges with water, folded it over the dough and press together where wet; cut into portions. I did not seal each one individually as I wanted to see how the open edges baked. Works perfectly as the mince mix is not too wet. Just enough to keep it juicy. I used mayonaisse to brush over the top to make it golden brown and baked at 190 °C for 30 minutes or until baked through depending on size.”

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page