WINKELDEEG SPEK EN KAAS BROODJIES
Ek het Saterdag die broodjies gemaak in ou (skoon😉) tuna blikkies binne in my konveksie oondjie, vinnig, maklik en baaaie lekker.
- 1 pak winkeldeeg
- 1 pakkie spek stukkies
- 1 blok kaas, gerasper
- kruie en speserye na smaak
Braai spek en laat afkoel.
Voeg spek, kaas en speserye by die deeg en knie tot als mooi deur gemeng is.
Maak bolletjies en plaas in die tuna blikkies.
Laat rys vir so 20 minute en bak vir omtrent 20 minute op 180ºC.
Resep en foto: Michelle Kleinhans