Your Recipe Blog

WILMA SE KNOFFELAARTAPPELGEREG

WILMA SE KNOFFELAARTAPPELGEREG

Dis koelerig op die plaas toe maak ek hierdie aartappelgereg. Dis heerlik saam met braai- of enige vleis en iets anders as gebakte aartappels.

  • 5 groot aartappels geskil, in kwarte gesny en sag gekook
  • 1 groot ui, opgekerf
  • 1 medium groen soetrissie, opgekerf
  • 6 – 8 toontjies knoffel, fyn gekap
  • sout en swartpeper na smaak
  • 15 ml braaivleis speserye
  • 10 ml gemengde kruie
  • 5 ml paprika
  • 5 ml rissiepitte of na smaak

Braai die uie en knoffel in klein bietjie olie tot net gaar.
Voeg al die geurmiddels by en ‘n klein bietjie water (30 ml sal genoeg wees).
Kook tot droog.
Voeg die saggekookte aartappels by en voeg 50 ml water by en meng deur. Kook weer tot droog.
Skep uit in ‘n opdienbak met ‘n deksel.
Bedien warm.

Resep en foto: Wilma Josey Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page