WILMA SE GEURIGE MUFFINS
- Sif saam:
- 500 ml koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 2 ml paprika
- 5 ml gedroogde gemengde kruie
- Klits saam:
- 2 groot eiers
- 100 ml kookolie
- 450 ml melk
- Ekstra:
- gerasperde Cheddarkaas
- ekstra paprika
- oorskietvleis, opsioneel (Ek het gister se vleis wat oorgebly het, fyngekap in my voedselverwerker en dit bygesit)
- kan ook gedreineerde tuna of pilchards in tamatiesous insit
Meng droë en nat bestanddele goed saam, voeg vleis by. Meng weer deur.
Skep in gesmeerde muffinpanne. Strooi kaas oor en sprinkel paprika oor.
Bak by 180°C vir 15 min of tot goudbruin en gaar.
Bedien soos verkies.
Nota:
Hierdie muffins vries baie goed.
Resep en foto’s: Wilma Josey Venter