WILMA SE DIABETIESE SKONS MET GEWONE MEEL
- 2 koppies koekmeel
- 150 g botter
- 3.5 gelykvol teelepels bakpoeier
- 100 ml xylitol
- 2 ml sout
- 4 ekstra groot eiers
- 280 ml melk
Sif die droë bestanddele saam. Frummel die botter by die droë bestanddele in.
Klits die melk en eiers saam en voeg by die meelmengsel. Sny die mengsel tot gemeng met ‘n slaplemmes. Moenie te veel meng nie.
Druk plat op ‘n meelbestrooide bord tot so 3 cm dik en druk sirkels/hartjies uit met ‘n drukkertjie.
Bak in ‘n warm oond op 180 °C vir omtrent 15 minute tot goudbruin en gaar.
Bedien met lekker tuisgemaakte konfyt en botter.
Resep en foto: Wilma Josey Venter