Your Recipe Blog

WILMA SE DIABETIESE RONDE RISSIES-BELL PEPPERS

WILMA SE DIABETIESE RONDE RISSIES-BELL PEPPERS

  • 5 kg rissies
  • 2 kg Xylitol
  • 4 liter water
  • 1 liter wit druiwe asyn
  • paar peperkorrels (36)

Sny die rissies oop by die stingeltjies en verwyder die pitte. Probeer om die rissie heel te hou.
Kook die water en asyn tot dit borrel. Voeg die Xylitol stadig by terwyl die water aanhou kook.
Roer tot die Xylitol heeltemal opgelos is.

Voeg nou die rissies ‘n paar op ‘n keer by die borrelende water.
Toets of die rissies sag maar nie pap gekook is nie, met ‘n sosatiestokkie.
Haal uit die kokende stroop, skep in skoon gesteriliseerde flesse.
Skep van die stroop oor, sit so paar peperkorrels by en seël.

Nota:
Heerlik wanneer gevul met maas-/room-/enige sagte kaas saam met soutbeskuitjies.

Resep en foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page