Your Recipe Blog

WILLEM SE MELKTERT

WILLEM SE MELKTERT

Lekker korslose melktert vir sondagoggend tee gebak. Niks hoef vooraf gekook te word in die resep nie. Dis voorwaar maklik en HEERLIK!!!
Vir ‘n oondpan kan die resep net verdubbel word. Ek het die baktyd na ‘n uur vermeerder en temperatuur op 170 ºC gesit om te verseker dat hy eweredig gaar word. Hou maar net dop oonde verskil almal.

  • 4 eiers
  • 1 koppie suiker
  • 1 liter melk
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 5 ml vanilla
  • 1 ml amandel geursel

Klits die eiers en suiker saam vir 3 min tot lig en donsig.
Meng die meel met bietjie van die melk tot ‘n gladde beslag, voeg die res van die melk en bestanddele  saam met die meelmengsel by die eiermengsel.
Klits alles baie goed saam. Die mengsel is baie loperig moenie skrik nie.
Bak 60 min by 170 ºC of langer tot die tert reg is.
Die tert is gereed as hy bruin is en nog ‘n effense dril het as hy geskud word.
Sprinkel met kaneel en bedien.

Resep: Willem Bierman
Foto:  Rina Kleinhans
Regtig vinnig en maklik, maar die tekstuur is vir my persoonlik meer soos die onwerklike tert as ‘n regte egte melktert. Ek sal hom ook beslis bietjie soeter maak, want selfs my man wat nie van soet goed hou nie sê daar kort bietjie suiker, maar dit is ‘n persoonlike smaak. Ek het hom ook in ‘n losboom pan gebak, en hy het heelwat langer gebak as die tyd in die resep in my gasoond.

Foto 2: Charlene Landsberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5