Your Recipe Blog

WILDTUIN PENNE PASTA

WILDTUIN PENNE PASTA

My eie resep uit die Laeveld. Enige gekerfde mengsel van droëwors en biltong sal werk, maar probeer ‘n slag by Lebombo Slaghuis in Rissikstraat, Komatipoort aangaan vir hulle heerlike “braai-mix” en gebruik hiervoor!

  • 800 g “braaimix” of jou eie weergawe rof-gekerfde biltong en droëwors
  • 1 pakkie penne-pasta (of macaroni)
  • 1 pakkie sampioene, in lengte gesny
  • 1 groen soetrissie, in lengte of blokkies gesny
  • 1 ui, opsioneel
  • 500 ml room
  • 3 huisies knoffel
  • swartkorrelpeper en sout na smaak
  • Ina Paarman se Pasta Spice, opsioneel
  • Gerasperde Mozzarella, Pecorino of Parmesaan kaas, opsioneel

Verhit olyfolie in ‘n pan en braai uie saam met biltong. As uie sag is, voeg groenrissie en knoffel by en roerbraai liggies.
Draai die plaat laag en verhit solank ‘n pot met water vir die penne: onthou om bietjie olyfolie by die pot water te gooi sodat die pasta nie kleef nie.
As die water kook, voeg die pasta in met ‘n teelepel sout en kook tot al dente.
Terwyl die pasta eenkant kook, verhit jy die pan met die biltong en sampioenmengsel weer en giet bietjie kookwater in sodat ‘n ligte sous begin afkook.
Dreineer die pasta en voeg dit in die pan by die biltong en sampioene. Meng goed deur en geur met sout en swartkorrelpeper.
Maak ‘n dammetjie in die middel van die pan en voeg die room by. Wanneer die room redelik versprei het en begin borrel, kan jy dit liggies deurroer.
Laat die room deurkook en verdik.
Bedien warm in groot bakke en garneer met Mozzarella, of Pecorino of Parmesaan.

Sit agteroor op die rusbank, knak ‘n yskoue bier en geniet jou Wildtuin-penne terwyl jy rugby highlights of National Geographic kyk. 😋😋😋

Foto en resep: Frederik Rudolph van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page