WILDSVLEISPASTEIE
- 1 kg springbok- of kuduvleis
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel witpeper
- 30 ml asyn
- 3 lourierblare
- 3 – 4 kruienaeltjie
- goeie skoot Worcestersous
- 100 g botter of ongegeurde varkspek, in klein blokkies gesny
- 125 ml sago
Bedek die vleis met water en kook tot vleis begin sag word.
Voeg die gekapte ui en blokkies aartappels by en kook tot gaar.
Die vleis moet heeltemal afgekook wees van die bene af.
Verwyder die bene, lourierblare en heel naeltjies.
Geur die vleismengsel met sout en peper na smaak.
Die vulsel moet redelik souserig wees.
Week die sago in water totdat dit uitgeswel is en al die water geabsorbeer is.
Vul weer met water op tot net bokant die sago.
Blits die sago totdat alles fyn is.
Sit die vleismengsel op die stoof en laat liggies kook. Voeg bietjie vir bietjie van die sagomengsel by die vleis totdat dit ‘n dikkerige sousie vorm. (nie te dik nie).
Haal van die stoof af en laat afkoel, plaas oornag in die yskas.
Die sago maak die sous jellierig wanneer dit koud is, maar wanneer dit warm is, is dit ‘n heerlike “garage pie”.
Maak dieselfde dag die kors sodat dit saam met die vulsel oornag in die yskas is.
- Vinnige Skilferkors:
- 6 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 2 teelepels kremetart
- 1 teelepel sout
- 500 g botter of bak margarien, gevries
- 500 ml yswater
- 2 eiers
Meng die koekmeel, kremetart, sout en bakpoeier saam.
Rasper die gevriesde botter by.
Doop botter kort kort in meel terwyl jy rasper om klonte te voorkom.
Meng met ‘n vurk om botter goed te versprei deur die meel.
Voeg die yswater by.
Klits 2 eiergele en voeg by die meelmengsel.
Meng met ‘n vurk.
Druk liggies met jou hande om ‘n sagte bal te vorm.
Laat rus oornag in die yskas.
Rol dun uit, druk af en plaas in die pasteipannetjies as kors. Skep die vulsel in elke kors.
Gebruik die geklitste eierwit om die rante van die pasteie mee te smeer en plaas nog ‘n sirkel bo-op, druk die rante vas aan die onderste kors, die eierwit sal dit laat plak.
Bak die pasteie teen 200°C tot goudbruin en gaar.
Resep en foto: Delene Breytenbach