Your Recipe Blog

WILDSVLEISBREDIE

Recipe by
Cook: 3.5 ure

WILDSVLEISBREDIE

  • 1.5 kg wildsvleis, in blokkies opgesny (4 x 4 cm)
  • 125 ml rooiwynasyn
  • sout en gemaalde peper
  • 5-10 ml gemaalde koljander
  • 1 groot ui, opgesny
  • 2 seldery stingels, opgesny
  • 1 rissie, opgesny
  • 2 knoffelvingers, opgesny
  • 3 cm vars gemmer, fyn opgesny
  • 6 wonderpeper korrels
  • 4 naeltjies
  • 2 lourierblare
  • 125 ml rooiwyn
  • 125 ml port of Old brown sherry
  • 4 groot wortels, opgesny
  • 1 medium botterskorsie, opgesny
  • 2.5 ml neutmuskaat
  • 125 ml hoenderaftreksel
  • 10 ml kerrie masala
  • 10 ml borrie
  • 5 ml paprika
  • 2.5 ml kaneel
  • gekapte pieresielie

Sny die wildsvleis in blokkies en sny enige vliesies af.
Plaas die vleis in ‘n bak saam met die rooiwynasyn en meng dit goed deur. Plaas die vleis- en asynmengsel eenkant vir ‘n paar uur om te marineer.
Geur die vleis ‘n uur voor gebruik met sout, peper en koljander.
Voorverhit die oond tot 160°C.
Voeg die uie en seldery onder in ‘n oondvaste pot en pak die vleis sonder die vloeistof bo-op die uie, strooi die knoffel, rissie, gemmer, wonderpeper, naeltjies en lourierblare oor die vleis.
Voeg die rooiwyn en port by die rooiwynasyn, meng dit deur en giet die mengsel oor die vleis en speserye in die pot.
Bedek die pot met ‘n deksel of foelie en plaas dit in die voorverhitte oond vir ongeveer 3½ uur.
Meng intussen die kerrie, borrie, paprika en kaneel met die hoenderaftreksel en plaas eenkant.
Voeg na 1½ uur die wortels by die bredie en die botterskorsie na `n verdere halfuur.
Strooi die neutmuskaat oor die botterskorsie en voeg die hoenderaftreksel met die kerriemengsel by die bredie.
Laat die bredie prut vir ‘n verdere 1½ uur totdat die vleis sag is.
Strooi pietersielie oor en bedien die bredie op rys.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5