Your Recipe Blog

WILDSVLEIS RUGSTRINGE MET CAMEMBERT VULSEL

Recipe by
Cook: 20 minute

WILDSVLEIS RUGSTRINGE MET CAMEMBERT VULSEL

  • 2 x 250 g wildsvleis rugsringe  (Fillet-springbok, kudu of rooibok)
  • Camembert of Brie kaas
  • Dijon mosterd (10 ml per filet)
  • geparsde knoffel (5 ml per filet)
  • Balsamiese asyn
  • sout en gemaalde peper
  • spek repe
  • BBQ speserye

Smeer die filette in met bietjie balsamiese asyn en laat staan in die yskas vir 30 minute.
Maak insnydings in die lengte van die vleis, so 1 cm van die punte af, maar moenie deursny nie.
Maak die “pocket” oop en geur met sout en peper.
Smeer die binnekant met die knoffel en mosterd en plaas ‘n paar snye van die kaas daarin.
Vou toe en geur buite met sout en peper.
Pak die repe spek op ‘n plat oppervlak.
Plaas die gevulde rugstring bo-op en rol versigtig op sodat die spek die vleis reg-om bedek.
Geur die spek met BBQ speserye.
Plaas op ‘n oondrakkie in ‘n voorverhitte oond, op bak en rooster teen 200°C vir 20 minute.
Verwyder en laat rus.
Bedien saam met esdoringstroop geroosterde wortelrepe en uiepoeier- en peper geroosterde aartappels.

Resep en foto:  Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5