WILDSPOT
(rietbok, impala en vlakvark) met C-graad “short rib”
- 1 eetleppel olie
- 1 eetlepel gekapte knoffel
- 1 uie, fyn gesny
- 1.1 kg gemengde wildsvleis
- 500 g kortrib (short rib)
- 1 pakkie bees murgbene
- 1 pakkie sampioene
- 3 aartappels, in helftes gesny
- Six Guns spice, na jou smaak
- 1 koppie room
- 1 pakkie beef oxtail soppoeier
- ½ koppie water
Plaas die olie in die pot en laat dit warm raak.
Sit die knoffel in en braai dit.
Braai die ui saam met die knoffel tot dit lekker bruin is.
Voeg die wildsvleis by en braai tot bruin, voeg dan die short rib by en braai verder bruin.
Giet nou die water by, sit die pot se deksel op en laat dit kook vir so uur tot ‘n uur en ‘n half.
Geur die vleis met die speserye, maak die pot weer toe en laat dit verder kook.
Voeg die murgbene by.
Sit die aartappels by en maak die deksel weer toe.
Sodra die aartappels begin sag raak, voeg die sampioene en room by en maak die deksel weer toe.
Net voor die pot reg is, maak die pakkie soppoeier aan met ‘n koppie water en giet dit in die pot, roer liggies en maak die deksel weer toe en laat prut vir so 10 min.
Haal die deksel af en laat dit staan vir so 5 min dat die sous en soppoeier verdik.
Haal pot van die vuur af en skep op saam rys.
Die pot vat so ± 3 ure dan is dit reg enjoy!
Resep en foto: Dawie Rontgen