WILDSLEWERKOEKIES
- 500 g wildslewer (die is Rooibok)
- sout en peper
- knypie fyn naeltjies, bietjie tiemie en gerasperde neut
- 1 ui, gekap
- 2 knoffeltoontjies, fyngekap
- 1 eetlepel koekmeel
- 1 eier
- 2 eetlepels asyn
- 1 teelepel bakpoeier
- olie vir vlak braai
Maak lewer mooi skoon en week in bietjie melk.
Sit al die bestanddele in ‘n voedselverwerker tot fyn.
Braai lepelsvol in vlak olie.
Bedien met slappap en soetsuursous.
Resep en 2de foto: Martie Fourie Moolman
Eerste foto: Johan Röntgen
Category:













