Your Recipe Blog

WILDEVYEKONFYT

WILDEVYEKONFYT

Het gister van die wildevye konfyt gekook.
  • 2 kg wildevye
  • 500 ml water
  • 1.7 kg suiker
  • 1.27 cm vars gemmer, gekerf
  • 100 ml suurlemoensap

Giet kookwater oor die vye en trek skille af.
Voeg die water by en kook tot die vrugte sag is.  Dreineer goed.
Plaas die gedreineerde vye terug in die pot, voeg die suiker by en roer tot suiker gesmelt is.
Voeg gemmer en suurlemoensap by.
Kook stadig tot die stroop afdrup van die lepel af.  Skep die warm konfyt in gesteriliseerde bottels, laat afkoel en draai die proppe stewig op.

Nota:
Dit smaak byna nes vyekonfyt. Weet nie of dit jou maag sal affekteer nie, maar mens eet mos brood met konfyt en nie konfyt met brood nie.

Resep en fotos:  Hannetjie Langenhoven

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page