Your Recipe Blog

WILDEBEES KASTAIINGS / KAIINGS

WILDEBEES KASTAIINGS / KAIINGS

Die wat my ma altyd vir ons gebak het, was wieletjies. Ek het nie haar resep gebruik nie maar belowe as ek dit kry stuur ek aan. Vir die baksel het ek so gemaak:

  • Kook Stroop vir 10 minute van die volgende:
  • 6 koppies suiker
  • 3 koppies water
  • Deeg:
  • 4 koppies koekmeel
  • 2 hoogvol teelepels bakpoeier
  • sout
  • 1 koppie margarien (ek gebruik wooden spoon)
  • 1 eier
  • 1 koppie melk
  • 5 ml suurlemoensap

Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam en vryf die margarien in.
Klits die eier, melk en  suurlemoensap saam en voeg by die meelmengsel.
Meng versigtig deur. Moenie te veel hanteer nie.
Rol uit tot ongeveer 2 tot 3 mm dik, sny in blokkies en bak in warm olie tot goudbruin. Onderdompel in warm stroop. Haal dadelik uit, laat afkoel in yskas en geniet.
Nota:
As jy van kaneel of lemoen smaak hou, kan jy bietjie in die stroop sit.

Resep geplaas deur Rina Brits
Foto:  Rina Brits

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page