Your Recipe Blog

WILDEBEES CARPACCIO IN ‘N PAMPOENBAKKIE

WILDEBEES CARPACCIO IN ‘N PAMPOENBAKKIE

  • 1 pakkie wildebeesvleis
  • 1 eetlepel olyfolie
  • ¼ koppie balsamiese asyn
  • 1 spuit suurlemoen sap
  • sout en peper na smaak
  • braaivleis speserye, na smaak
  • klein tamaties
  • ½ rooi ui
  • rocket

In ‘n warm pan, seël die vleis.
Sny dan in baie dun skyfies.
Sit in ‘n bak, voeg al die ander bestanddele by en meng.
Laat staan vir so min of meer ‘n halfuur en bedien binne in uitgeholde klein pampoentjies.

Nota:
Ek het die pampoentjies net so rou uitgehol en as bakkies gebruik. Na ete het ek dit uitgespoel en toe die volgende dag lewer en spek daarin gebak. Alles saam.

Resep en foto:  Marian van Deventer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5