Your Recipe Blog

WICKEY WACKEY SJOKOLADE PANKOEK

Avatar photo
Cook: 20 - 25 minute

WICKEY WACKEY SJOKOLADE PANKOEK

Hierdie een maak jy aan in jou swart oondpan en bak sommer in dieselfde oondpan.  Heerlike klam koek.

  • Koek:
  • 3 koppies koekmeel
  • 75 ml kakao
  • 5 ml koeksoda
  • 3 ml sout
  • 2 koppies suiker
  • 150 ml olie
  • 30 ml asyn
  • 15 ml vanilla geursel
  • 500 ml water
  • Bolaag:
  • 250 ml suiker
  • 250 ml warm water
  • 60 ml margarien
  • 40 ml kakao
  • 50 ml koue water
  • 50 ml Maizena

Koek:
Sif die meel, kakao en koeksoda in ‘n ongesmeerde oondpan.
Voeg die suiker by en meng liggies met ‘n vurk.
Maak drie holtes in meelmengsel en giet die olie, asyn en vanilla geursel elk in ‘n holte.
Voeg die water by en meng met vurk tot goed gemeng.
Bak by 180 ºC vir 20 tot 25 minute.

Bolaag:
Meng alles saam.  Mikrogolf op hoog tot dik en giet warm oor die koek in die oondpan.

Resep:  Loraine Freitag

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5