“WHISPER” KOEKIES
- 125 g sagte margarien of botter
- 125 ml versiersuiker
- 125 ml Maizena
- 125 ml olie
- 125 ml koekmeel
- 5 ml vanilla geursel
- gekapte pekanneute, opsioneel
- sjokolade
Klop botter en versiersuiker saam.
Voeg olie, vanilla en maizena by.
Voeg koekmeel bietjies-bietjies gewys by om sagte deeg te vorm.
Voeg laaste neute by en meng.
Rol okkerneut grootte balletjies en pak op ‘n voorbereide bakplaat.
Bak in voorafverhitte oond 160°C vir 10 minute.
Laat afkoel en doop in gesmelte sjokolade.
Resep en foto: Rita van Zyl