Your Recipe Blog

WESKUS SNOEK

Recipe by
Cook: 30 minute | Servings: 4 groot of 6 klein

WESKUS SNOEK

Ons het ‘n heerlike weskus snoek gekry en het dit gisteraand oor die kole gaargemaak. Ek deel hierdie maklike (effens anders) resep met julle.

  • 1 medium of 1 halwe groot snoek
  • 100 ml Mayonnaise
  • 100 ml olie
  • 100 ml blatjang van jou keuse
  • 1 eier

Meng al die bestanddele vir die sous.
Plaas ‘n foelie oor die onderste gedeelte van ‘n toeknyp braairooster en plaas die snoek daarop.
Bedruip die snoek mildelik met die sous.
Braai oor medium kole vir sowat 20 minute of tot die boonste laag net begin deurskyn.
Draai die rooster om en braai naby aan die vuur vir sowat 5 minute tot ‘n mooi goudbruin.

Resep en foto:  Bernadene Daniell Prinsloo

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page