WENRESEPTE SJOKOLADEKOEK
Resep geplaas deur Iselle Janse van Rensburg
Foto: Iselle Jansen van Vuuren
As promised, the chocolate cake recipe, that I made into a themed birthday cake, that I needed so badly cause I was away from my old faithful recipe from Huisgenoot.
Recipe as follows in Afrikaans from Huisgenoot – die Beste van Wenresepte:
- 50 g kakao
- 250 ml kookwater
- 4 groot eiers, geskei
- 300 g suiker
- 125 ml kookolie
- 5 ml vanilla geursel
- 250 g koekmeel, ongesif afgemeet
- 15 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- Voorverhit oond tot 180°C.
- Smeer 2 koekpanne van 20 of 23 cm in deursnee, of bespuit hulle met kleefwerende middel.
- Meng die kakao en kookwater totdat alle klonte opgelos is en laat die mengsel eenkant om af te koel.
- Kits eiergele saam.
- Kits dan die suiker bietjies gewys by en hou aan klits totdat die mengsel liggeel en sponsagtig dik is.
- Roer kakaomengsel, kookolie en vanilla geursel by die eiergeelmengsel.
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam en roer dit ook by.
- Klits die eierwitte net tot styf en vou dit met ‘n metaallepel in die deeg in.
- Skep die deeg in die panne.
- Bak dit 25 – 30 minute op die middelste oondrak tot gaar.
- Keer dit op ‘n draadrak uit en laat dit koud word.
- Maak botterversiersel om mee te versier. ♡
- Nota: Om die worshond te bak het ek die hoeveelheid 2 x aangemaak en oondpanne gebruik om 2 plat koeke te bak.

