Your Recipe Blog

WENNER VLAKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute

WENNER VLAKOEK

  • 1 koppie koekmeel
  • 75 ml Maizena
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 5 eiers, geskei
  • 250 ml strooisuiker
  • 100 ml yswater

Klits eiergeel en strooisuiker tot donsig. Voeg yswater bietjies by. Sif droë bestanddele saam en vou in met ‘n hout lepel. Klits eierwitte styf en vou in.
Skep in 2 voorbereide ronde panne.
Bak vir 20 minute teen 180°C of tot toetspen skoon uitkom.

  • Vla:
  • 3 koppies melk
  • 175 ml vlapoeier
  • 125 ml margarien
  • 250 ml strooisuiker
  • 5 ml vanilla geursel

Meng die vlapoeier en melk. Bring tot kookpunt. Plaas die warm mengsel in ‘n plastiek bak  en laat afkoel tot kamertemperatuur, klits die botter en suiker goed saam, tot suiker opgelos is, en voeg stadig by die vlamengsel terwyl jy heeltyd klits.
Laat dit koud word in die yskas. Roer af en toe. Voor gebruik klits met ‘n elektriese klitser tot glad.
Verdeel elke koek in twee (4 dele) en versier met vla tussen lae en bo-op.

Nota: Madelene Du Plessis
Ek het net die Maizena vervang met vlapoeier. Hy was regtig heerlik!
Veronica Kruger
Hierdie koek is heerlik, maar ek sit amandel geursel by my vlamengsel ipv vanilla. Dit is ‘n moet om te probeer.

Resep geplaas deur en foto: Karen Marais

Category:

One Review

  1. Orna Van Niekerk
    Mens kry ‘n baie sagter tekstuur vulsel vir die vlakoek as jy die vla en melk kook, laat afkoel en voeg vanielje by. Klits dan die suiker en botter tot sponsig. As albei kamertemperatuur is, vou die vla in die bottermengsel.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page