WENNER SJOKOLADEKOEK
Voorverhit die oond tot 180ºC.
- Beslag: sif die volgende saam:
- 2 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 4 eetlepels kakao
- Skei die eiers, klits eiergele en suiker saam tot lig.
- 6 groot eiers
- 2 koppies suiker
- 1 koppie kookolie
- 1 koppie warmwater
- 1 opgehoopte eetlepel koffiepoeier
- 2 teelepels vanilla geursel
Klits die eierwitte styf en hou eenkant.
Meng die koffie met die warmwater en voeg die olie en vanilla by.
Meng droë bestanddele met water- en suikermengsel tot net goed gemeng.
Vou die styf geklopte eierwitte in met ‘n lepel.
Verdeel die beslag tussen 2 x 23 cm voorbereide koekpanne.
Bak vir 45 minute teen 180ºC.
Laat staan paar minute in die panne, en keer uit op ‘n afkoel rakkie.
- Versiersel:
- 1 koppie botter
- 420 g versiersuiker
- 2 teelepel vanilla ekstrak
- 2 eetlepels melk
- ¼ teelepel sout
Klits botter vir ongeveer 7 minute tot lig van kleur.
Met menger op lae spoed voeg versiersuiker koppie gewys by op ‘n slag en meng tot deur gemeng voor die volgende koppie versiersuiker bygevoeg word.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed deur.
Versier die koek wanneer heeltemal koud.
Gebruik van die versiersel tussen die twee lae en ook bo-op en rondom die koek of soos verkies.
Resep en foto: Margaret Deysel