WENNER ROOI FLUWEELKOEK
Voorverhit die oond tot 180°C. Berei 3 koekpanne van 18 cm voor.
Sif meel, suiker, koeksoda, kakao en sout saam in ‘n groot mengbak.
Plaas karringmelk, eiers, olie, asyn, kleursel en geursel in ‘n aparte mengbak.
Meng die meelmengsel by die karringmelkmengsel.
Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne en bak vir 35 – 40 minute.
Toets vir gaarheid, haal die koeke uit die oond, laat ‘n rukkie staan en keer uit die panne.
Laat heeltemal afkoel.
Versier met die roomkaasversiersel en organiese roosblare.
Versiersel:
Plaas roomkaas en botter in die mengbak van ‘n elektriese menger en klits tot lig en donsig.
Voeg die versiersuiker geleidelik by en klits tot gemeng.
Voeg die vanieljegeursel by en klits tot net gemeng.
Verkoel vir 20 minute voor dit gebruik word.
Resep geplaas deur Mariette Marais
Foto: Mariette Marais
2de foto: Frances Smith
Ek het net 1 teelepel rooi gel kleursel gebruik.