Your Recipe Blog

WENNER NAGEREG BRAAIBROODJIE

WENNER NAGEREG BRAAIBROODJIE

Ek het in ‘n kompetisie in Mosselbaai deelgeneem om die top braaibroodjie te kies. My buitengewone resep het aandag getrek en ek het toe gewen.

  • witbroodsnye
  • lemmetjie suiker (“lime zest” en “vanilla pod” in wit suiker – doen so paar dae vooraf om die geure te ontwikkel)
  • aarbei- en bloubessiekonfyt in gelyke hoeveelheid
  • roomkaas

Versoet die roomkaas met die lemmetjiesuiker tot dit reg proe na smaak en heeltemal glad geroer is.
Plaas die roomkaas en konfyt op die snye witbrood, plaas ‘n sny bo-op elke gevulde sny en braai dit in ‘n toevourooster oor lae kole (“low en slow”).
Sit die braaibroodjies voor met sjokolade sprinkels, granaatpitte, vars bessies soos frambose en aarbeie.

Nota:
Ek het op die dag die aarbei in gesmelte mint sjokolade gedoop (maak seker die aarbeie is droog voor dit in sjokolade gedoop word).
Kan dit ook met roomys bedien en met sjokolade skerwe, bessies / frambose en granaat pitte versier.
Net voor opdiening het ek nog lemmetjiesuiker oor die gebraaide broodjies gestrooi en met n gasvlam geskroei tot die suiker gekarameliseer het en bitter naby brand was.
Dis beslis ongewoon en ek het ‘n paar wenkbroue gelig! Maar wel gewen.

Resep en foto: Alida Stander

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page