Your Recipe Blog

WENNER “CRUNCHIES”

Cook: 30 minute | Servings: ± 32 blokkies

WENNER “CRUNCHIES”

Ek bak die resep sommer dubbeld, dan kry ek so 64 blokkies uit.

  • 2 ½ koppies hawermout
  • 1 ½ koppie klapper
  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie koekmeel
  • ½ koppie sesamesaad
  • 240 g margarien
  • 1 eetlepel gouestroop
  • 1 teelepel koeksoda

Voorverhit die oond tot 175ºC.
Meng die droë bestanddele behalwe die koeksoda saam in ‘n groot mengbak.
Voeg die margarien en suiker in ‘n potjie en verhit tot kookpunt, verwyder die potjie van die hitte.
Voeg die stroop en koeksoda by die margarien en suikermengsel in die potjie (die mengsel sal begin skuim) en meng deur.
Meng die warmmengsel by die droë bestanddele in en meng goed deur.
Druk die deeg vas in ‘n voorafbereide oondpan.
Bak die deeg in die voorverhitte oond vir 30 minute.
Verwyder die pan uit die oond en laat dit effens afkoel, sny in vierkante in groottes soos verkies.

Nota:
Ek wag so 15 minute, dan sny ek dit voor dit te hard word.

Resep en foto: Maranda van Dam

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page