WENKE VIR LEKKER SAPPIGE FRIKKADELLE
Hoe maak mens dat frikkadele lekker sappig is?
Heliette Smit
Houertjie jogurt en uie soppoeier en speseye soos peper en koljander.
Alan Wiggill
Ek rasper ‘n appel in.
Ann Cloete
Voeg ‘n teelepel bakpoeier by.
Rina Kleinhans
Moenie jou vleis te veel hanteer nie, werk met ‘n vurk en rol tot net bymekaar.
Verder gebruik goeie maalvleis wat nie te fyn gemaal is nie.
Ek gebruik geen bindmiddel, maak die bolletjies en sit 20 min in die yskas voor ek hulle panbraai.
Diana Wehr
Dit is droog omdat dit te lank gebak word.
Hezeré Janse van Vuuren
Ek voeg fyn gekapte tamaties by.
Lee Fourie
Bedek bak met foelie en bak op lae hitte
Wadi Archer
Maak ‘n pakkie wit uiesoppoeier aan met 250 ml kookwater en giet dit in die pan waarin jy die frikkadelle in gaan bak.
Janis Jeftha-Cupido
Ek sit so ‘n eetlepel tamatiesous en sweet chilli sous in myne, gee ‘n lekker smaak, en nie droog nie. Party keer chutney ook.
Maritha de Jongh
1 Eetlepel mayonnaise vir elke 500 g maalvleis
Carol Horn
Ek braai myne in n pan. Bak dit nie.
Aileen van der Berg
Ek meng vark en bees maalvleis.
Razaan Daniels
Ek sit uie, tamaties, groen soetrissie, blatjang, Worcestersous, sout en egte wit pepper en 1 of 2 eiers. In depending on the amount of mince and some breadcrumbs and dhania and garlic finely chopped, it tastes really good (sorry for the mix writing I’m not too good with the Afrikaans).
Marie Willemse
Sit bietjie fyn gerasperde wortel in.
Louise Heunis
Week 6 eetlepels hawermout in melk dat dit ‘n sagte pasta maak vir 5 min, voeg by 1 kg maalvleis verhouding, dit bind die maalvleis sodat minder broodkrummels nodig is en dit sappiger smaak.
Marié Venter
Dit word gou gaar, moenie te lank bak of in pan kook nie.
Wilma Scott
Ek maak my frikkadelle in airfryer gaar.
10 min, draai dit om, nog 10 min.
Dan is dit lekker bruin aan buite kant, maar sappig binne.
Die resep met room of jogurt, en dan pakkie soppoeier werk goed.
Danette Linde
Ek hou daarvan om vark maalvleis saam met my beesvleismince te meng. Die ekstra bietjie vet help lekker. Maar check jou cooking times. Mince kook/rooster vinnig.
Alta Gunter Van Dyk
Ek rasper ‘n ui in en ‘n lekker groot afgeskilde tamatie, ‘n snytjie brood in melk geweek en uitgedruk , bietjie asyn, speserye na smaak en ‘n ou ou Griekse tannie my geleer om ‘n koppie gaar rys in tewerk op 2 kilogram maalvleis
Petro Boshoff
Rasper aartappel en ui in.
Anita Norval
Glo nie aan sop of ander pakkies poeier nie. Maalvleis, uie, oats, barbeque spice, eier, bietjie asyn en sout en peper. Dis AL, meng goed, bak in pan. Almal hou van my frikkadelle.
Sheila Marsburg Troskie
Ek sit ‘n beef blokkie in ‘n bietjie kook water, as opgelos is, sit ‘n sny brood in. Druk meeste water uit. Meng saam maalvleis met 1 eier. Fyn gesnyde halwe ui, knoffel en speseryse. Braai bolle in warm olie, draai om na 5 min aan ‘n kant. Heerlik!
Marie Dumas Jennings
Ek stoom bak my frikadelle. Maak pan toe met deksel, haal deksel af, draai frikadelle om en bak verder tot gaar.
Ek sit genoeg geweekte brood, ‘n eier, vars pietersielie, speserye, gerasperde ui, bietjie asyn, sout, peper. Meng goed deur, rol frikadelle in meel, bak in vlak olie
Helen Barnard
Ek gebruik nie soppoeier nie, dit maak dit droog. Rasper ‘n appel, ui en tamatie saam jungle oats, 2 snye bruinbrood, eier en jou speerye na smaak. Alles hang af van jou hoeveelheid maalvleis. Pas dit aan.
Anne-Marie Wiehahn
Meng liggies saam:
1 kg maalvleis, 1 ui fyn gerasper, 3 teelepels hoenderspeserye , ½ koppie oats, 2 eiers, 1 eetlepel asyn, knippie naeltjies, maak bolletjies. Sit in gesmeerde oondbak sodat frikkadelle losweg teen mekaar is. Voeg ½ koppie water by in oondbak. Bak vir 30 minute by 180ºC.
Die water maak met die vleissappe ‘n lekker sous. Haal uit die oond en laat staan in pan tot kamertemperatuur dan trek frikkadelle al die sous op. Lekker sappig. Bedien so of warm weer op en bedien saam met kapok aartappel.
Heerlik vir padkos, uie en asyn maak dit heerlik volgende dag.
Joey De Koker
Maak in water gaar, in die oond en nie met olie nie.
Lynette Smith
Baie speserye, gerasperde aartappel, groot gerasperde ui, eier, knoffel, heel naeltjie fyn gerasper en een weetbix gekrummel. Droë pietersielie, Worcestersous en naeltjies gee frikkadel ‘n besondere geur.
Lilian Blaauw
Ek braai my minsbolle tot dit geseël is plaas dit dan in n oond en bak verder gaar.
Annette Visagie
Vra jou slagter of winkel om groot asb vir jou bietjie varkmince ook in te meng. Ek doen dit 100 g op 500 g. Voeg brood bedruip in melk, blatjang, tamatiesous en asyn by jou speserye. Meng goed laat bietjie rus. Dan my mense hou daarvan dat ek dit in olie bak. Haal uit sit op koekrakkie en dan op bakpapier.
Elma Willemse
Dis droog omdat dit te lank bak. Net 15 tot 20 minute nodig om dit gaar te maak in die oond. Ek sit geen wortels, aartappels eiers of enige iets anders in nie… net speserye. 100% beef meatballs.
Lorein Young
Rasper ‘n ui in die maalvleis, sit bietjie blatjang van julle keuse smaak by en ‘n eier, asook brood krummels. Speserye na jul smaak.
Colleen Heugh
Add in some vegetable oil to mixture, it keeps your frikkadel mixture moist and when you fry it, it’s soft and moist, not dry at all… a frikkadel does not fry/bake long.
Leticia Mostert
Ek gooi bietjie melk by.
Erika Greyling Steyn
Rasper kaas in, glo my dis heerlik.
Merencia Cornelissen
500 g maalvleis
2 snye brood (wit of bruin) geweek in water
2 eiers
2 gelykvol telepels sout
2 eetlepels blatjang
1 wortel gerasper
Speserye van jou keuse
1 gelykvol telepel droë rissievlokkies
2 eetlepels asyn
1 medium ui in blokkies gesny
Paar takkies pietersielie
Druk water uit brood. Meng al die ander bestanddele saam. Laastens die asyn. Maak balletjies. Bak af in vlak olie. Nooit droog nie. Heerlik sappig!
Surita Engelbrecht
Inplaas van brood gebruik oats. Soms los die brood ‘n smaak by die vleis. Oats is regtig tops, ouma se raad met geen eiers nie.
Jaco Redelinghuys
‘n Roomys”scoop” werk lekker as jy frikkadelle maak, en eweredige porsies wil kry.
Meng jou maalvleis 80 / 20 bees en varkvleis.
Foto: Jaco Redelinghuys