Your Recipe Blog

WENKE VIR GEVRIESDE ETES

WENKE VIR GEVRIESDE ETES

Terolean Olivier
Ek wil kos maak en vries, sodat ons dit net kan ontdooi en warm maak. Ook vinnige resepte asseblief. Etes wat lekker vries wat ek vooraf kan maak.
Sonita Steyn:
Gevriesde rys kan werk, maar maak die aartappels gaar soos gebruik. Eet met skilletjie, dis gesonder. Wat ek wel doen is om ‘n groot pot maalvleis gaar te maak en dan in porsies te vries. Maak dan net jou stysel gaar en voeg ontvriesde gaar maalvleis daarby. Geur die maalvleis verskillende geure.
Petro Borchard:
Ek hou nie van gevriesde rys nie. Wat ek wel doen, is om ‘n hele paar porsies op een slag gaar te maak, giet dit uit op ‘n bakplaat om vinnig af te koel en hou in houers in die yskas. Jy kan dan vir die res van die week dit opwarm saam met elke gereg.
Rina Kleinhans:
Ek het altyd gevriesde Basmati rys in die vrieskas en dit is soos vars wanneer mens dit laat ontvries op die kas en dan net vinnig in die mikrogolf warm maak met ‘n deksel op. Ek glo regtig die geheim is dat mens die rys moet afwater, Basmati net 1 keer maar Tastic 2 keer.
Sandra Doubell:
Ek ontvries rys oornag in yskas en warm op in vergietes oor ‘n pot kookwater.
Andrea van den Bos:
My best friend was my slow cooker when I worked full day and had 2 kids under 3. Also cooking mince in bulk to the point where you can either make it into curry mince or bolognaise or savoury mince. That way you can just do the starch bit when you get home.
Also what works well is putting a whole chicken in the slow cooker in the morning. Place it on top of the potatoes and fresh carrots. When you get home just steam the frozen rice in a colander. If you feel like another veg, add some frozen peas to the rice and steam it all together.
Joan Theron:
Kapokaartappel vries goed omdat dit gaar is met botter.
Anri Douglas:
Sop, lasagne, kerrie en rys (maalvleis bo-op rys gepak) en vetkoek en maalvleis vries goed. Aartappels vries nie goed nie.
Frances Van Niekerk:
Make one pot oven dishes the night before and dish up the next day and serve.
Pastorie hoender, Chicken ala king, sticky chicken with couscous (couscous takes 5 min), sweetcorn bake served with chops or steak strips.
Rina Kleinhans:
Ek glo nog altyd dat mens moet verskillende gaar vleise in die vrieskas hê en dat jou groente verwerk en vries is. Dan maak mens regtig kos binne 40 minute. Met ‘n gaar hoender kan jy 5 verskillende etes gee en so ook met gaar maalvleis of enige gaar vleis, want dit is maar wat die langste neem om gaar te maak. Lekker groot “pulled pork” wat klaar gepleis is, werk net so lekker vir etes en kosblikke. Vis is altyd ‘n aanwins, want dit is baie vinnig gaar, saam met kapokartappel en ‘n slaai, eet mens sommer vinnig.
Frances Van Niekerk:
There are some recipes that are very cost effective that you can make the night before and only warm up the next day. Some leftovers taste better the next day.
Hutspot -chopped potato, onion, carrots, (grated carrots, cooks faster). Cook ‘till soft, mash and add butter. Warm it up by frying some of the mixture in a pan in butter. Called a ‘kliekie”.
Colcannon -fried cabbage, onions and boiled potatoes, mashed. Add fried bacon. Can be made the night before.
Potato wedges -peel and cut potatoes in wedges. Boil in salted water ‘till nearly cooked. Remove from water. Coat in oil and sprinkle with spices. Place on a baking tray in freezer and flash freeze for about 2 hrs. Place the frozen wedges in a plastic bag in the freezer. When you grill crumbed hake, fish fingers or schnitzel in the oven, put the wedges on the same tray as the other items and bake. You can even fry the wedges in a pan with steak strips.
Frances Van Niekerk:
Make lots of meatloaf at one time. It saves on using the oven too often. Make double the amount for when you might want to use the meatloaf on a hamburger.
Meatloaf can also be served with mash and brown onion gravy.
Stephanie Smit:
Bobotie, alle bredies, kerriemaalvleis, sop, kerriehoender.
Petro Borchard:
Berei frikkadelle in grootmaat, plaas dit oop in die vrieskas op ‘n bakplaat tot gevries en plaas dit in ‘n ziplock sakkie. Die frikkadelle kleef dan nie aanmekaar vas nie. Ontdooi soveel as benodig die oggend of maak kleiner frikkadelle wat jy so gevries vinnig in tamatiesmoor in die oond of op die stoof kan gaar maak.
Petro Borchard:
Voeg gekerfde uie in die prutpot (die hele pot vol) roer aan die begin gereeld, sodat dit nie aanbrand nie. Laat die prutpot oornag sy ding doen. Kom presies uit soos uie wat in olie gebraai is. Ek dehidreer dan die uie en vries dit in porsies om by my kos te voeg as geurmiddel. Gebruik geen olies of vette wanneer jy kos vir die dehidreerder voorberei nie, aangesien dit galsterig raak na ‘n ruk se bêre.
Petro Borchard:
Wanneer ek maalvleis, kerrie of stowevleis maak, doen ek dit in tot 5 kg hoeveelhede. Dit neem ewe veel tyd en moeite as om een ete op ‘n slag te maak. En jy het net een keer se skottelgoed.
Vries dit in porsies wat daarna of net so voorgesit kan word.
Tersia Peters:
Ek sny alle groente op en vries gaar vleis soos beesvleis vir bredies en voila.
Stien Rust:
Maak bobotie in tuna blikkies, vries dit in die blikkies oornag. Verwyder die gevriesde bobotie uit die blikkie en vries verder in sakkies tot benodig.
Santie Carelse:
Jy kan feitlik alles vries. Ek is ook nie lief vir aartappels vries nie. Wanneer jy kos maak, maak dubbel porsies. Dit vat dieselfde tyd en krag. Een vir eet en een vir vrieskas toe gaan. Daar is ook baie bykosse wat jy kan bottel. Maak net die vleis gaar en maak ‘n bottel van die bygereg oop saam met dit.
Christa Botha:
Frikkadelle, bobotie, hoenderpastei, gebottelde slaaie.
Natalie Walker:
Mac and cheese. Just make sure everything is cooled before you freeze it. Put in air tight container or those freezable containers and you should be fine.

Photo: Petro Borchard

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page