WENKE VIR GEBRUIKE VAN SKOONMAAKMIDDELS
Marje Wilkinson:
Waarmee maak vakansie-oorde of bed en ontbyt plekke hul oppervlaktes skoon en higiënies en is daar ‘n mengsel vir wasgoed wat kan ontsmet en skoon was asb?
Dahlia Rose:
Gebruik asyn om oppervlaktes af te vee, spoel beddegoed in witasyn. Moenie stasoft gebruik, dit maak wit beddegoed geel. Asyn maak handdoeke “fluffy” en fresh.
Debbie Donaldson:
Wasgoedmengsel:
2 kg seeppoeier
1 kg growwe sout
500 g koeksoda
Meng goed deur en was al jou wasgoed hiermee. Dit hou ook jou masjien skoon.
Anita Norval:
Koeksoda vir hardnekkige vlekke.
Rina Kleinhans:
Ek was al my vloere met Savlon water en hierdie mengsel werk goed vir oppervlaktes:
CARIMA SE SKOONMAAKMIDDEL
Dagsê kosvriende, hier is die skoonmaak middel wat ek altyd gebruik. Meng die volgende in ‘n spuitbottel saam:
60 ml sunlight liquid
125 ml suurlemoensap
250 ml witasyn
300 ml water
Met hierdie konkoksie kan julle enige iets skoon maak. Van die badkamer tot die kombuis.
Resep: Carima Khan
Petro Koen:
Koeksoda en growwe sout vir wasgoed. Meng sommer alles saam in houer vir elke wasdag se gebruik
Rita Killian:
Ek was vloere met Domestos. Dit hou die mob skoon en maak kieme dood. My wasgoed was ek al vir 10 jaar met die volgende mengsel:
2 kg seeppoeier (behalwe sunlight daar is sta-soft in)
1 kg growwe sout
500 g koeksoda
1 boksie kremetart
Meng goed en gebruik gewoonweg.
Vir spoel van die wasgoed gebruik ek ‘n ½ koppie asyn, geen sta-soft. As dit donker kleure is sit ek 1 teelepel Glycerine by die wasgoed, dit neem die donse en hare af.
Ek gebruik handwasseep in my outomatiese masjien. My masjien is al 12 jaar oud en silwerskoon. Baddens en toilette gebruik ek Handy Andy. Oppervlaktes en stoof in die kombuis gebruik ek “Handy Andy spray”.
Lilli-Anne Waldeck:
Sterinappi, koeksoda, witasyn of Savlon.
Magda Steenkamp:
Ek glo aan my Detol, so ‘n doppie vol by alles. Mop, emmer, wasmasjien vir wasgoed, in die toilet, letterlik oral. Net nie in skottelgoedwater nie, daar gebruik ek ‘n doppie vol Jik.
Frikkie Jones:
Ek was ‘n “executive housekeeper” in ‘n groot hotel.
Ons het die moedermaatskappy van Sunlight liquid se R-reeks gebruik:
R1 is toiletskoonmaakmiddel
R2 algemene skoonmaakmiddel
R3 is saniteerder
R4 is meubelpolitoer
R5 of R 55 is lugverfrisser
Ons die “Suma”-reeks in die wassery gebruik. Alles was vloeistowwe wat direk in die masjien gedoseer is:
wasmiddel
bleik
laundry sour – verwyder die geel wat die bleik maak.
die lakens, duvetoortreksel en slope is nat na die strykmasjien.
die handdoeke is op hoë temperatuur gedroog en dan gestryk.
In die kombuise het ons die d-reeks gebruik:
D1 skottelgoedseep
D2 soos Handy Andy
D3 glasskoonmaakmiddel
D4 sterker as handy andy maar flouer as oondskoonmaker
D5 vlekvrye staal polleermiddel
D6 ‘n voedselveilige oppervlak saniteerder
D9 oondskoonmaakmiddel
D10 ‘n vloerskoonmaakmiddel
K3 koffievlekke uit breekgoed
En dan, was daar so klein sakkie met groot gif wat tot die sonde uit jou hart kon uithaal. Dit was ‘n baie sterk bleik en saniteerder wat ons gebruik het om stortgordyne en toiletsitplekke te week. Ons het ook ons vadoeke eenmaal per dag daarin geweek.
Verstaan julle nou hoekom is dit so duur om in ‘n hotel tuis te gaan?
Susan Sussiena Wagenaar Mitchell:
Stasoft laat ‘n wasmasjien gou oppak, vandat ek net witasyn in my wasmasjien gebruik. Selfs die skottelgoedwasser kry ook asyn in spoelsiklus, ek voeg ook ‘n doppie bleikmiddel in die skottelwasser se was siklus, my masjiene hou lank.