Your Recipe Blog

WENKE VIR DIE VRIES VAN PIESANGS

WENKE VIR DIE VRIES VAN PIESANGS

Ek hoop my wenk help die amazing baksters in ons midde.
As ek te veel piesangs het of dit baie goedkoop kry per kilogram, dan vries ek dit net so in die skil. Dan laat ek dit ontvries as ek dit wil gebruik. Ek druk dit dan sommer uit die skills soos jy tandepaste uit squeeze en vries dit weer in sakkies, genoeg vir 2 tot 3 medium broodjies op ‘n slag. Uiteraard is dit dan baie pap, maar ek mik sommer so met die oog en ‘n opskeplepel, om so 10 tot 15 piesangs in ‘n sakkie voor ek dit weer vries. Hoop dit help.

Nota:
Dit lyk nou wel nie baie aansienlik nie (eintlik heel gross ), maar dit smaak vir my baie soeter ook in die broodjies en dit maak op daarvoor.

Foto en wenk:   Emmerentia MC Pretorius

Leonie Adendorff Meiring:
Ek vries hulle skil en al, ontdooi net genoeg vir ‘n piesangbrood! Bak ‘n lekkerder broodjie as vars piesangs!

Anchen Kobus:
Ek sny dit in stukke, vries op bakpapier en sit dit dan in sakkies. Dan kan jy uithaal soveel jy wil (vir smoothies, piesangbrood, pannekoekies/flapjacks) en dit sit nie so aan mekaar vas nie.
Ek sny dit nie in dun ringetjies nie. Ek sny dit in 6 stukke, so ek weet 6 stukke is 1 piesang en 3 is ‘n ½ piesang.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page