WENKE VIR DIE PIERINGTOETS BY KONFYT OF BLATJANG
Anna-marie Steyn:
Help asb met hoe die pieringtoets gedoen word om konfyt te toets. Dankie.
Wadi Wadi:
Pieringtoets is om vas te stel of konfyt dik genoeg is. Skep ‘n bietjie konfyt in ‘n koue piering en verkoel dit klein rukkie in die vrieskas. Die konfyt is dik genoeg wanneer dit plooitjies vorm wanneer jy dit met jou vinger stoot.
Andre Post:
Doen die pieringtoets, skep ‘n bietjie konfyt uit in ‘n piering, sit vir 2 minute in yskas en hou piering dan skuins, die druppel moet net stadig loop dan is die konfyt reg. Ek stel voor om die toets te doen voor die kooktyd volgens die resep verstryk.
Lindi Ouwerling:
Die piering moet in die yskas wees. Sodra jy ‘n streep deur die konfyt kan trek op die agterkant van ‘n houtlepel, skep ‘n lepelvol konfyt op die koue piering, wag ‘n paar minute en trek ‘n steep deur die konfyt, as dit so bly is die konfyt reg.
Rina Kleinhans:
Ek plaas ‘n piering in die vrieskas, skep ‘n lepelvol konfyt uit die pot op die koue piering en plaas dit so paar minute terug in die vrieskas, as jy ‘n paadjie deur die konfyt trek met jou vinger en die paadjie bly oop, is dit perfek.
Foto: Rina Kleinhans